Voorgraadse Kursusse
Home 禄 Faculties of Humanities 禄 School of Languages 禄 Languages, Cultural Studies and Applied Linguistics (LanCSAL) 禄 Afrikaans Unit 禄 Programme 禄Oorsig
Die kursusse wat die Departement Afrikaans aanbied, maak deel uit van die sogenaamde bre毛, vormende programme wat deur die Universiteit van Johannesburg aangebied word. 鈥檔 Universiteit het immers die verantwoordelikheid om nie slegs tegniese en beroepsgerigte vaardighede te verskaf nie, maar ook om kritiese vaardighede te ontwikkel.
Taal- en literatuurstudie maak ‘n sentrale deel van enige Fakulteit Geesteswetenskappe uit aangesien dit noodsaaklik is vir die estetiese, kritiese en refleksiewe ontwikkeling van studente. Taal- en letterkundekursusse stel studente in staat om hulself te verstaan as produkte van en as deelnemers aan die tradisies van kuns, idees en waardes. Die kennis van spesifiek die Afrikaanse taal- en letterkunde help studente om die w锚reld en hulle plek daarin beter te verstaan, om te besef dat hulle self deel uitmaak van 鈥檔 tradisie en dat hierdie tradisie ook in ‘n bepaalde verhouding met ander tradisies staan.
Die bestudering van letterkunde help ons dus nie in die eerste plek om die fisiese w锚reld om ons beter te verstaan op die manier wat die werk van natuurwetenskaplikes dit doen nie. Wat deur kunswerke “ontdek” word, is iets van die aard van die mense uit wie se verbeelding die werk voortgekom het, be茂nvloed deur 鈥檔 baie besondere waarnemingspunt op 鈥檔 sekere tydstip, wat absoluut uniek is. Daarom is die bestudering van kunswerke 鈥檔 ondersoek van die manier waarop mense in die w锚reld bestaan, van wat dit is om mens te wees.
Afrikaanse liter锚re tekste word bestudeer ten einde 鈥檔 historiese oorsig te verskaf, maar ook word die maniere waarop gelees word, waarop tekste benader word krities ondersoek.
In die Afrikaanse taalkunde word die studie gerig op die struktuur van taal 鈥 en in besonder die struktuur van Afrikaans. In hierdie verband word die klankstruktuur, woordstruktuur, sinstruktuur en betekenisstruktuur in die kollig gestel. Die bestudering van die genoemde strukture geskied vanuit twee gesigspunte, naamlik 鈥檔 historiese en 鈥檔 eietydse. Die historiese (diachroniese) bestudering van Afrikaans laat die fokus val op die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans as sodanig, maar ook op die ontwikkeling van bepaalde strukture van die Afrikaanse grammatika en semantiek. Die eietydse (sinchroniese) benadering laat die klem op die hedendaagse strukture val.
Afrikaans AB
Die Afrikaans AB-kursus is gerig op studente wat nie moedertaalsprekers van Afrikaans is nie. Die klem in hierdie kursus val op die ontwikkeling van basiese taalvaardigheid (lees-, skryf- en praatvaardighede). 鈥檔 Kombinasie van die kommunikatiewe benadering tot taalverwerwing en formele taalkunde word gevolg.
Moedertaalsprekers en studente wat Afrikaans as tweede taal in matriek met meer as 60% geslaag het, moet Afrikaans 1AB neem.
Inhoude
Alle voorgraadse kursusse is semesterkursusse.
Afrikaans A en B is selfstandige semesterkursusse. Afrikaans A en B verleen nie toegang tot Afrikaans 2 nie.
Op al drie jaarvlakke word elke semester taal- en letterkunde aangebied.
Taalkunde
Afrikaanse sintaksis, fonetiek, semantiek, morfologie en taalgeskiedenis word oor die drie jaar heen aangebied.鈥
Letterkunde
Die Afrikaanse prosa, po毛sie en drama word aangebied sodat enersyds individuele werke ondersoek word en die metodes van liteartuurondersoek aangeleer word aan die hand van individuele tekste. Voorts word die Afrikaanse literatuur binne ‘n bre毛r historiese en kunsteoretiese konteks (Romantiek, Modernisme, Post-modernise/postkolonialiteit) geplaas. Derdens word tekste ook binne die konteks van “kulturele sudies” ondersoek.
